A MAN WITH WORDS THAT MATTER

NUUTSTE ALBUM

Hierdie is Dkn Music se eerste volwaardige Afrikaanse album. Die liedjies se woorde beskryf die ontwikkeling van ñ verhouding en hoe ñ man verslaaf raak aan sy lewensmaat, vra die vraag waarom wonderoomblikke nie genoeg is nie, beskryf hoe ñ vrou ñ man kan betower, beskryf ñ vrou as ñ hemelwese, beskryf hoe memories gemaak word, gebruik die woorde wat op die skrywer se oupa grootje se grafsteen geskryf staan, beskryf hoe kwetsbaar ons in glashuisjes leef, beskryf ń ware vrou (die skrywer se skooonmoeder wat verleden jaar gesterf het. Die skrywer vra uitdagende vrae in Aardbewoner en beskryf die belang daarvan om beheer te neem van ons gedagtes. Die liedjie Wat doen jy aan my beskryf die effek van die liefde. Die skrywer het ñ gedig wat deur JP Stofberg junior (JP) vir sy oupa (die skrywer se pa, ook De Waal Keet Nigrini) herskryf en ñ liedjie daarvan gemaak met JP se goedkeuring. Dkn Music is bevoorreg om twee van die skrywer se oorlede vader, se gedigte, synde Statusvrou en Witbroodjies in liedjies te omskep.